18 Junie 2015
Johan, hoop dit gaan goed.
Ek bly lekker hier in die Kaap en geniet die manier van doen hier.
Kry steeds uitnodigings om oor Simmental/Fleckvieh in Europa en VSA te praat maar is nie meer lus vir vlieg nie en skryf dus artikels en
doen narrated PP shows. Geniet dit want dis uitdagend en verg nuwe sienswyses en navorsing.
In die ou dae het ek by elke nuwe ontleding dadelik via die internet na die jongste genetiese tendense en rasleier-bulle gekyk en soos jy
weet ook artikelsdaaroor in die Register en Joernaal gepubliseer.
Kyk toevallig gister weer vir ’n artikel oor Duitse bulle en sien toe die aansienlike getal BTB bulle watek nie in die ou dae daar
raakgeloop het.
Hierdie mail is om geluk te sê vir jou prestasie – hou so aan – jy toets behoorlik en benut dit korrek tesame met die oog.
As ek reg onthou het jy my boek oor die ‘oog-kant van seleksie’ al bestel.
Hou so aan.
C Peter Massmann
Bredasdorp 7280
11 Maart 2015